Wednesday, July 31, 2013

Suur druiwe of onnoselgeid?

Ons ou nasie het die vermoe om ons te verlekker in ander se swaarkry.  Vir diegene wat geskok en verontwaardig is oor hierdie stelling, kom ek stel my saak. Na aanleiding van die Bulls se naam weggooi die afgelope naweek teen die Brumbies, het ek tot die konklusie gekom dat sekere rugby ondersteuners dit vreeslik geniet wanneer hulle landgenote swaar kry op die rugbyveld.  Dis beslis nie 'n gesonde wedywering nie, maar 'n geniepsige en vernietigende houding jeens ander spanne.  Lees gerus die kommentaar op Rapport se website na aanleiding van die artikel oor die Bulls wedstryd.  Ene Barney Barnato (hys skynbaar te vreesbevange om sy regte naam te gebruik) vaar uit teen die Bulls en verlekker hom so in die uitslag dat hy waarskynlik 'n kalmeer pil moes sluk.  "Barney" brei breebors uit oor hoe swak die Bulls span en hulle ondersteuners is.  Hierdie verloorder span moet volgens Barney maar liewer uit rugby tree (of so kan mens aflei).  Enige mens sou nou aanneem dat hierdie span waarteen Barney so uitvaar sekerlik heel laaste in die kompetisie moes eindig aangesien hulle die vrotste span in die aarde se bestaan is.  Maar helaas, die "vrot" span het tweede geeindig! En die span wat Barney ondersteun het sowaar sewende geeindig. Noem my onnosel, maar as jou span sewende geeindig het, en ook lelik naam weggegooi het in die kompetisie (as jy dit vergelyk met hulle potensiaal op papier), sou jy nie die insig he om eerder stil te bly as om die voorste span in jou land uitmekaar te trek nie?  Dalk het Barney se lus vir wraak en begeerte om niemand om hom iets te gun nie, hom so blind gemaak vir hierdie werklikheid? Of dalk het hy maar van skooldae af laaste gekom wat insig aanbetref.  Barney is nie die enigste persoon wat sulke kommentaar gelewer het nie.  Dit is vir my hartseer dat ons nie ons land eerste kan stel nie, maar eerder wil he dat ons landgenote moet verloor . Give credit where credit is due!

As ons nou vorentoe kyk na hierdie naweek se eindstryd tussen die Chiefs en die Brumbies, steek hierdie geniepsigheid weer kop uit.  Daar is 'n klein groepie wat wil he dat die Brumbies moet verloor, sodat Jake White nie die beker omhoog hou nie.  Ek weet hy het allerlei goed kwytgeraak wat mense ontstel het, maar die geniepsige dinge wat nou gese word, is nie goed vir ons land of vir rugby nie.

Kom ons ondersteun ons land en rugby. Gesonde wedywering en kwinkslae is deel van die sport en maak dit baie opwindend.  Maar wanneer dinge op 'n punt kom waar dit lelik raak, moet 'n mens mooi besin oor waar jou prioriteite le.

Groete

No comments:

Post a Comment